|
|

| | Die Genesis faktor deur Francois Bloemhof Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R170.00 Graffiti prys - R153.00
Die derde roman in François Bloemhof se Rooi Luiperd-reeks is gewaarborg om weer die adrenalien vinnig te laat pomp. Mark Steyn is agent Rooi Luiperd, een van Die Fabriek se agente en ook lid van die Groot Vyf ÂŹ met rooi klaring, wat daarop neerkom dat jy tydens ân sending voor die voet kan doodmaak solank jy dit later kan regverdig. DiĂ© keer verruil hy VenesiĂ« vir ân plaas in die Swartland waar daar veel meer as boerdery aan die gang is ... [Meer inligting...]
|
| |

| | Die Trol deur Julia Donaldson Illustrasie: David Roberts Kinders - Prenteboeke Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R115.00 Graffiti prys - R103.50
Al wat die Trol graag wil doen, is om ân boerbok te vang. Maar wanneer ân string ander gediertes eerder oor sy brug kom trippel-trappel, moet hy maar tevrede wees met ân vervelige ou stukkie vis vir aandete. Hoe goor!
[Meer inligting...]
|
| |


| | Eva deur Jaco Thom Christelik - Fiksie Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R99.95 Graffiti prys - R89.95
Haar verhaal is dalk ook joune.....Dis my skuld, my skuld, my skuld! eggo dit in Eva se gedagtes, as sy dink aan haar grootste fout.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Geval van die sadistiese swembad deur Paul C Venter Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R130.00 Graffiti prys - R117.00
Ontmoet Paul C Venter se nuwe, oorspronklike helde van die Afrikaanse speurverhaal: oud-Skerpioene Pienaar en Kotze wat nie sommer net so uitgefaseer wou word nie, en nou op hul eie (saam met die besondere weird Jerry Witnees en Roffie Rothman) die goeie fight voortsit om die gierige varke van ons wye en droewe land uiters senuweeagtig te hou.
[Meer inligting...]
|
| |


| | In die Woorde van Suid Afrikaanse Sporthelde deur George Claassen Nie-fiksie - Sport & Ontspanning Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R60.00 Graffiti prys - R54.00
In die Woorde van Suid-Afrikaanse Sporthelde
Suid-Afrikaners verhef hul sportmans en -vroue tot helde en simbole van hoop, dapperheid en versoening. In die woorde van Suid- Afrikaanse sporthelde is ân versameling uitsprake â van inspirerend tot humoristies tot doodgewoon absurd â deur mense in hierdie ereposisies, oor onderwerpe wat strek van kapteinskap, roem, en die lewe, tot geld in sport en wat dit beteken om ân Suid-Afrikaner te wees.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Kook Vir Die Vrieskas deur Julia Orbe Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R170.00 Graffiti prys - R153.00
Die dolle vaart van ons hededaangse leefstyl veroorsaak dikwels dat ons minder tyd en selfs nog minder energie teen die einde van ân dag oor het om vir ons en ons geliefdes ân heilsame maaltyd voor te berei. Na talle versoeke deur klante van haar spyseniersbesigheid het Julia Orbe ân reeks voedsame, heilsame maaltye ontwikkel wat in enige hoeveelheid en vooruit berei kan word, waarna jy dit kan bevries vir latere gebruik. Dis ideaal vir enkellopendes, paartjies of gesinne. [Meer inligting...]
|
| |

| | Nova die Begin deur Fanie Viljoen Kinders - Ouderdomsgroep 10 - 12 Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R80.00 Graffiti prys - R72.00
Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand sien? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoĂ« heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oĂ« uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ân wilde avontuurrit vol tergende â en gevaarlike â raaisels.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Om n lewe te red deur Rachel Britts, Jim Britts Kinders - Tieners Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R99.95 Graffiti prys - R89.95
Selfmoord. Tienerswangerskap. Groepsdruk. Alkohol- en dwelmmisbruik. âCuttingâ. DĂt is die kwessies en uitdagings waarmee vandag se jongmense gekonfronteer word. Om ân lewe te red is gebaseer op die fliek To save a life wat hierdie kwessies eerlik hanteer. Dit vertel die verhaal van twee kleintydvriende Jake en Roger wat later in twee heeltemal verskillende wĂȘreld begin leef.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Pitkos met n punch deur Ewald van Rensburg Christelik - Dagstukke - Tieners Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R99.95 Graffiti prys - R89.95
In PITKOS MET 'N PUNCH gee gewilde skrywer Ewald van Rensburg in 365 dae vir jongmense daaglikse pitkos (dagstukke) met interessante opskrifte soos: Vandag se special (Skrifgedeelte) , die hoofmaaltyd (oulike storie) , Red Hot Chilli Peppers (iets om jong-mense uit te daag) en 'n take-away (ietsie ekstra wat lesers kan gaan oordink) . Hy gebruik die vier Evangelies as basis vir elke dag se "maaltyd".
[Meer inligting...]
|
| |

| | Tornado deur Barrie Burger Christelik - Fiksie Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R139.95 Graffiti prys - R125.95
Die groot sukses van Barrie Burger se boek Verder met Vrede is daar nou sy nuwe boek, Tornado - die boek agter die rolprent Tornado and the Kalahari Horse Whisperer.
In Tornado vertel Barrie van die tog van 1,744 km wat hy te perd aangepak het - van die kruin van Tafelberg tot by die Voortrekkermonument - hy op Queen en Pierre op Tornado. Barrie se doelwit met diïżœ uitmergelende tog was om die eens stormagtige Tornado as 'n hanteerbare en goed geaarde perd aan die publiek voor te stel.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Veilige skuilplek deur Nina Smit Christelik - Dagstukke - Vroue Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R119.95 Graffiti prys - R107.95
In 'N VEILIGE SKUILPLEK wil Nina Smit lesers bewus maak van hoe belangrik hul lewensreis se eindpunt is - want as 'n mens uiteindelik nie by die regte bestemming uitkom nie, is jou hele reis eintlik tevergeefs. Sonder God is 'n mens se reis van meet af aan 'n mislukking.
In 'N VEILIGE SKUILPLEK verseker Nina Smit lesers in 366 oordenkings dat God reeds die pad ken wat hulle moet stap. [Meer inligting...]
|
| |

| | Wilna Adriaanse Omnibus 2 deur Wilna Adriaanse Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2010/08 Uitgewer prys - R185.00 Graffiti prys - R166.50
In 'ân Heildronk op die liefde' keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies en kort voor lank nuwe weivelde gaan soek; daarom wou Nicolene nog nooit ân verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags soen, is die gort gaar . . . [Meer inligting...]
|
| |

| |
afrikaanse boeke, afrikaans, boeke, lees, storieboeke, kinderboeke, nuwe boeke, nuut in afrikaans Kortverhale, Besigheid, Kartonboekies, Bybels, Liefdesromans, Biografie & Outobiografie, Prenteboeke
Bybelstudie, Poësie, Blokraaisels, Opwipboeke, Christelike leefwyse, Romans, Geskenke, Kleuters, Dramas
Gesondheid & Voorkoms, Humor, Kookboeke, Reekse, Kuns, Tieners, Musiek, Aktiwiteitsboeke, Natuurlewe
Nie-fiksie, Fiksie, Ouerskap & Kindersorg, Gebed, Politiek & Geskiedenis, Geskenke, Populêre Sielkunde, Huwelik & Verhoudings
Populêre Wetenskap, Kinders, Reis & Toerisme, Leierskap, Rekenaars & Internet, Mans, Sport & Ontspanning, Naslaan
Stokperdjies & Handwerk, Ouerskap, Tuin & Huis, Troos & Bemoediging, Woordeboeke & Naslaanbronne, Vroue, Studiegidse |