Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2236940


Klik vir groter prent
Sommelier deur GP Terblanche

Fiksie - Romans
(2009/12)

R140.00

  (1 leser/s)

Lev Engelbrecht het uitgetree as agent in die intelligensiediens. Maar hulle laat hom nie so maklik ontsnap bos toe nie, waar hy alleen met die natuur en sy liefde vir wyn kan genees. Hy is menssku en moeg; slegs sy amp as wynkenner (sommelier) bied iets bestendigs. Figure uit sy verlede verskyn en die internasionale intriges span hom vas.
Meer inligting:
Die roman ontbloot nie slegs die stryd van ’n voormalige geheime agent nie, maar skets ook die labiele staatstoestande en disfunksionele politiek in ’n ge¬spanne wêreld. Heelwat van Suid-Afrika se eie komplotte kom op die lappe, veral rondom die gesoute agent Oosterbeek en die aanvallige Jane Turnbull.

GP Terblanche het ’n meestersgraad in politieke wetenskap en ondervinding in intelligen-siewerk.Hiernewens het hy ’n onblusbare passie vir wyn. In sy debuutroman bring hy hierdie elemente byeen in ’n meesleurende spioenasieverhaal wat in die era van Bush en Mbeki afspeel.
Leser terugvoer:
[Gee terugvoer]
  Gerhard Venter (2010-02-02)
'n Baie interessante en sensuele boek, polities wys, en regtig baie moelik om neer te sit. Die spioenasie is oortuigend, maar die boek is ook baie menslik, en mens kan sterk met die karakters identifiseer. En jy gaan beslis lus raak vir party vd wyne.
Resensies:
Geen

'n Produk van CEIT Development cc