Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2350933


Klik vir meer inligting
Ena Murray Omnibus 27 deur Ena Murray
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2010/09
R185.00


So leeg die moederhart
Op pad na Kanaän
Bergwind oor Karma
Net ná middernag

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Liefde is deur Alet Steenkamp , Nerine Ahlers
Kinders - Tieners
Publikasie datum: 2010/09
R80.00


Moet ’n meisie op 17 ’n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie.
Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel ...

Wat op aarde gaan regtig tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommerso sonder om regtig te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar?


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
My heel mooiste sprokies deur Jaco Jacobs
Kinders - Kleuters
Publikasie datum: 2010/09
R80.00


Agt van die mees geliefde sprokies word in woorde en prente vertel. Die stories is perfek om met kleuters en peuters te deel, en hulle sal dol wees daaroor om self die stories te vertel.
Die stories is: Die prinses en die ertjie; Hansie en Grietjie; Die twaalf dansende prinsesse; Raponsie; Die sneeukoningin; Die lelike eendjie; Repelsteeltjie en Skoonlief en die Ondier.

A4 grootte 16 Bladsye kartonboek

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Prinses Lelie en die Skitterprinsesse deur Human & Rousseau
Kinders - Aktiwiteitsboeke
Publikasie datum: 2010/09
R55.00


Tyd vir al die pragtige prinsesse om nader te skuif en deel te neem aan allerhande heerlike aktiwiteite! Kom saam met die vier skitterprinsesse - Magrietjie, Lelie, Madelief en Rosie - terwyl hulle met woordspeletjies baljaar en lag-lag allerhande raaisels oplos. Swaai jou towerstaf en kleur die prentjies in om koninklike balrokke en bykomstighede te ontwerp. En die tatoes met blinkertjies sal enige meisie soos ’n regte skitterprinses laat voel! Sorg dat jy al vier prinsesboeke versamel!


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Rooi Rose Versamelresepte vir elke seisoen deur Vickie de Beer
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/09
R175.00


’n Boek vir diegene wat daarvan hou om heerlike kos met ’n moderne aanslag te maak - lekker kos wat met die eerste proeslag herinneringe oproep van smake van toeka se dae, maar ook nuut en vars is met hedendaagse bestanddele. Resepte wissel van flatervrye staatmakers soos Geroosterde knoffel-en-suurlemoenhoender, ingelegde vrugte in stroop, Waterblommetjiebredie en Paella tot nuwe kombinasies en smake soos Biltong, ingemaakte vye en roketslaai en Marokkaanse lamskenkels.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Samoersareis deur C. Johan Bakkes
Fiksie - Kortverhale
Publikasie datum: 2010/09
R160.00


"Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wíl doen, inpas nie." Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie! Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, dáár waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sareis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Sonbesie deur Morne Malan
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/09
R149.95


Katrien Wilson soek ’n storie. ’n Régte storie, met ’n bietjie glitz ook, waaroor sy vir die Londense reistydskrif Horizons kan skryf. Maar haar redakteur laat haar net die vervelige aanlynrubriek doen. Dan tel Katrien ná ’n lelike blaps die redakteur se uitnodiging na die bekendstelling van ’n nuwe vyfster-lodge op. Skielik is sy, as haar laaste kans by Horizons, op pad Bosveld toe! ,
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Tjailaresepte deur Amore Bekker
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/09
R179.00


Kos is nie my eerste liefde nie, mense is……..maar kos is ‘n manier om mense te beleef.
Ek wou nader aan my luisteraars kom, en jy leer iemand ken op die manier wat hulle ‘n resep vertel…….veral as hulle honger is!

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Tou deur Piet Steyn
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/09
R195.00


Meer en meer van dié grutonele word ontdek, in ’n populierbos op die Vrystaatse platteland, in ’n vervalle huis in ’n Johannesburgse voorstad, dan in ’n skuur op ’n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat aan die nek van ’n tak of ’n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors ’n lys oortredings met daarby die embleem van ’n organisasie wat homself Kerk onder die Kruis noem.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Tryna du Toit Omnibus 5 deur Tryna du Toit
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2010/09
R185.00


Huis van die Purperwinde
Hermiena se bedrog
Verdwaalde liefde

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Tydbom deur Johan Marais
Nie-fiksie - Biografie & Outobiografie
Publikasie datum: 2010/09
R180.00


Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te sluit. Op ’n vroeë ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld, lyke en ’n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer aksie. By halssnoermoorde en faksiegeweld is sý eenheid eerste op die toneel. Hy is ’n ooggetuie van verskeie voorvalle van polisiebrutaliteit.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Vars Vinnig Lekker deur Sonia Cabano
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/09
R210.00


Meeste mense dink gesond eet is sinoniem met saai kos en langtandkou. Sonia Cabano verskil! Sy meen kos is meer as net ’n bron van energie – dit moet lekker wees. Elke maaltyd bied die geleentheid om ’n genotsfees te vier! Sonia is lief vir kook, maar sy weet dat dit vir baie mense net ’n taak is. Vars, vinnig, lekker is geïnspireer deur die versoeke wat sy kry vir vinnige, maklike en gesonde resepte.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Ver van vrede deur Jurie Els
Nie-fiksie - Biografie & Outobiografie
Publikasie datum: 2010/09
R179.00


'n Mens kan 'n speld hoor val in hof GC in die Noord-Gautengse Hooggeregshof. Dis 09:30, Maandag 2 November 2009. "Ek het lank stilgebly. Ek is veroordeel, gekruisig en vermorsel deur die media en die publiek. Ek is uitgeskel vir alles wat sleg is. By teepartytjies en om braaivleisvure is oor my geskinder en gelag. Op internetblogs het duisende mense anoniem met my gespot en my veroordeel.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Vier begrafnisse en ’n troue deur Pat Stamatelos
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/09
R180.00


Dulcie-Anne Douglas is ’n miljoenêr -- op skrif. Twee jaar gelede is haar man oorlede in ’n treinongeluk, en toe die polis uitbetaal is, het sy in ’n japtrap vir haar en die kinders ’n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke. Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. Veral nou ná haar skoonsuster Hanna se begrafnis word haar drumpel skielik deurgetrap.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Vrou gaan dokter toe deur Ray Kluun
Vertaling: Francois Smith
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/09
R199.95


Stijn en Carmen het alles - hulle is jonk, ryk, mooi, vervuld in loopbaan en liefde en het ‘n pragtige jong dogtertjie. As yuppies in kosmopolitiese Amsterdam is die wêreld hul speelplek. Dan kry Carmen kanker. Terwyl sy optimisties die chemoterapie en bestraling ondergaan, ontvlug Stijn deur affairs en partytjies. Maar net om ook te staan te kom voor die finale eise van die lewe en die liefde.
[Meer inligting...]



'n Produk van CEIT Development cc