Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2350933


Klik vir meer inligting
Dwaalpoort deur Alexander Strachan[ Bespreek nou ]
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/10
R195.00

  Pryswenner

Dwaalpoort is ’n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Persomi deur Irma Joubert[ Bespreek nou ]
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/10
R190.00


Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die bywonerskind. Maar Pérsomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. ’n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Pérsomi, maar iets hou Pérsomi terug - waarom kan sy nie met oorgawe liefhê nie?
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Spoor deur Deon Meyer[ Bespreek nou ]
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/10
R215.00


Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith & Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop: ’n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, ’n 'goeie man' wat reg langs die Table View-polisiestasie verdwyn het.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Uit twee werelde deur Magdaleen Walters[ Bespreek nou ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2010/10
R99.95


Liefde in ’n teekoppie

Meisie uit die boendoe

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Anderkant die morester deur Anna Penzhorn[ Bespreek nou ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2010/10
R150.00


Bronwyn Charalambous vermoed Gideon Neethling is nie ’n gewone vakansieganger op Mgowenibaai nie, maar ’n man met ’n verskuilde agenda. Sy vermy hom sover moontlik. Maar dan verander sy diep, donker geheim – dat hulle as babas in die kraaminrigting omgeruil is – haar lewe onomkeerbaar. Hy wis haar verlede uit, gooi haar hede omver en laat haar toekomsloos. Terselfdertyd is hy al een wat haar dilemma verstaan.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Janie du Plessis deur Martie Retief-Meiring[ Bespreek nou ]
Nie-fiksie - Biografie & Outobiografie
Publikasie datum: 2010/10
R160.00


In hierdie aangrypende, intieme biografie deel Janie met die leser grepe uit haar komplekse huwelik, haar man se dwelmverslawing, haar stryd met kanker en finansiële probleme. Die B-klas kind wat geglo het dat sy alles sou moes uithaal om eerste te kom, sou as ’n jong vrou weer alles sou moes uithaal om te oorleef.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Pik Botha en sy tyd deur Theresa Papenfus[ Bespreek nou ]
Nie-fiksie - Biografie & Outobiografie
Publikasie datum: 2010/10
R350.00


– ’n Ongemagtigde biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld.

“Dis ’n groot storie. “
At van Wyk, historikus, skrywer, resensent.

“ …’n hoogs insiggewende stuk werk en boonop ’n heerlike leeservaring. Dit word uiteindelik ook ’n politieke oorsig… iets wat mens selde raakloop in hierdie objektiewe vorm.”
Jeanette Ferreira, skrywer, uitgewer, letterkundige.



[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Somerkos in Provence deur Marita van der Vyver[ Bespreek nou ]
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/10
R250.00


Marita deel in hierdie boek vir die eerse keer die resepte wat haar gesin en haar baie vriende kuier-kuier onder die plataanboom in hul tuin geniet. Dis lentekos, somerkos, Mediterreense en Provensaalse kos wat net so lekker sal smaak onder ’n jakaranda of kiepersol. Somerkos in Provence is ’n heerlike reis-, eet- en leesboek, met stories, vertel soos net Marita kan, resepte en foto’s.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Mondvol lekker deur Peter Veldsman[ Bespreek nou ]
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/10
R235.00


’n Bordjie eetgoed - propvol watertand-gereggies - is eie aan ons Suid-Afrikaanse kultuur. En hierdie uitmuntende versameling resepte vir klein happies is só veelsydig dat daar iets sal wees om enige tyd van die dag of nag voor te sit. Daar is resepte en idees vir almal, en vir elke denkbare geleentheid - skemeronthale, kantoorpartytjies, peuselkos voor die TV, om die vuur en selfs vir piekniekmandjies.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Boerekos deur Cecile Kemp[ Bespreek nou ]
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/10
R165.00


’n Stomende bord Boerekos met skaapboud en gebakte aartappels, pampoenkoekies, gestoofde boontjies en malvapoeding vir nagereg, is genoeg om menige eter se mond te laat water. Veral in hierdie gejaagde tyd van kitskos en vinnige happies word daar gereeld verlang na ’n bord van Ouma of Ma se kos.

In Boerekos bied Cecile Kemp – kenner van die Afrikaanse koskuns – ’n versameling gunstelingresepte wat die (byna) vergete kookkuns van ons voorouers weer laat herleef.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Rapport Ikone skurke en scoops deur Rapport[ Bespreek nou ]
Nie-fiksie - Kuns
Publikasie datum: 2010/10
R250.00


Rapport, ons grootste Afrikaanse koerant, is 40 jaar oud. Dié boek bevat al die helde en kroeks van die afgelope vier dekades en neem jou op ’n lekker-lees, nostalgiese reis. Die beste foto’s uit Rapport is gekies - die mees dramatiese, die skokkendste en hartverskeurendste - maar ook baie skreeusnaakses. Hier is ons bekendste en bekroonde foto’s almal bymekaar.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Eers was ek 'n strokiesboek Maar nou's ek 'n boek oor tiere deur Anton Poitier[ Bespreek nou ]
Illustrasie: Melvyn Evans
Vertaling: Jaco Jacobs
Kinders - Nie-fiksie
Publikasie datum: 2010/10
R70.00


Het jy geweet dat strokiesboeke en gebruikte papier herwin kan word om boeke te maak? Hierdie pragtige boek oor tiere is van herwinde materiaal gemaak!

Hierdie boek verduidelik die lewensiklus van die tier EN die strokiesboek. Jy sal verstommende dinge uitvind.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Eers was ek 'n strokiesboek Maar nou's ek 'n boek oor ysbere deur Anton Poitier[ Bespreek nou ]
Illustrasie: Melvyn Evans
Vertaling: Jaco Jacobs
Kinders - Nie-fiksie
Publikasie datum: 2010/10
R70.00


Het jy geweet dat kartonbokse en gebruikte papier herwin kan word om boeke te maak? Hierdie pragtige boek oor ysbere is van herwinde materiaal gemaak!

Hierdie boek verduidelik die lewensiklus van die ysbeer EN die kartonboks. Jy sal verstommende dinge uitvind.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Diere deur Faan Herholdt[ Bespreek nou ]
Kinders - Nie-fiksie
Publikasie datum: 2010/10
R180.00


Gaan op ’n ongelooflike ontdekkingstog deur die diereryk. Ontdek verstommende feite oor lewe in die natuur. Gedetailleerde foto’s, illustrasies en diagramme onthul diere se blyplekke en gewoontes.

• Sluit twee reuse plakkate in van dierehabitats en bedreigde diere.
• Gebruik die deursigtige bladsye en ontdek die anatomie van roofdiere in die wêreld van soogdiere, voëls, visse, reptiele en ongewerweldes.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Menslike Liggaam deur Faan Herholdt[ Bespreek nou ]
Kinders - Nie-fiksie
Publikasie datum: 2010/10
R180.00


Gaan op `n ongelooflike reis deur die menslike liggaam. Ontdek verbasende feite oor wat onder jou vel gebeur. Gedetailleerde foto’s, illustrasies en diagramme onthul die wonders van liggaamlike stelsels.

Sluit in twee reuse plakkate met aantekeninge oor die voor- en agterkant van die liggaam. Deursigtige bladsye help jou om die lae af te skil sodat jy ontdek hoe ingewikkelde organe werk.


[Meer inligting...]



 1  |  2  |  3  |  4  | >>

( 60 resultate )
'n Produk van CEIT Development cc