Nie-fiksie - Kookboeke

Vergroot die prent

Soettand


Koelsom Kamalie, Flori Schrikker

Laai in mandjie
In voorraad - Versending binne 48 uur



R210.00


Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In dié boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met 'n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies.
Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef n√° jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA
(kanaal 147) uitgesaai.


Publikasiedatum: 2017/02
Naam:
Van:
Eposadres:
Opmerking:  Karakters oor
Gradering:             
Stoor Kanselleer
[Gee terugvoer]
Terug
9780799379884

Soettand

Jou mandjie